fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners ly onder onbevoegdheid van Phokwane se ANC-beheerde raad

Die inwoners van Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat word weer gestraf vir die onbevoegdheid van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit.

Werknemers van die munisipaliteit het gister (22 September) begin staak nadat gerugte ontstaan het dat oortydbetalings en moontlik ook salarisse nie aan die einde van September betaal sal kan word nie. Rommel en riool is deur die werknemers voor die hoofingang van die munisipale kantore in Hartswater gestort.

Dit blyk daar is niemand in die munisipaliteit wat dié betalings kan magtig nie nadat die Frances Baard-distriksmunisipaliteit Phokwane se waarnemende munisipale bestuurder, me. Kealoboga Gabarone, teruggeroep het.

Hierdie is die direkte gevolg van die ANC-beheerde raad se versuim om aan munisipale wetgewing te voldoen.

Die aanstelling van me. Gaborone as waarnemende munisipale bestuurder is in April 2021 met ‘n ANC-meerderheid in die raad goedgekeur alhoewel wetlike voorskrifte nie met haar aanstelling gevolg is nie.

In Augustus is daar gepoog om mnr. Zithulele Nikane vir ‘n tydperk van twaalf maande as munisipale bestuurder aan te stel. Die aanstelling het ook nie geslaag nie aangesien daar ook in dié geval nie aan die regulasies vir die aanstel van senior bestuurders voldoen is nie.

Die herroeping van me. Gaborone deur die Frances Baard-distriksmunisipaliteit beteken dat Phokwane nou sonder ‘n munisipale bestuurder gelaat is.

Die VF Plus het die versuim van ANC-raadslede, die burgemeester en speaker om wetlike voorskrifte na te kom met aanstellings reeds in April onder die aandag van mnr. Bentley Vass, Noord-Kaapse LUR vir plaaslike regering gebring. Geen terugvoer is van hom ontvang nie.

Inwoners betaal nou die gelag vir die ANC se beheptheid met kaderontplooiing en sy voortdurende minagtig van munisipale wetgewing.

Aan die vooraand van die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November moet kiesers van die geleentheid gebruik maak om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en Phokwane te red uit die hande van die onbevoegde ANC. Staan sterk en stop die verval.

Navrae: 072 938 8588

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.