fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners en sakelui slagoffers van onwettige staking in Steve Tshwete-munisipaliteit

Die VF Plus veroordeel die voortslepende onwettige staking van munisipale werkers van die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) weens ontevredenheid oor die uitkontraktering van onder meer vullisverwydering.

Daar moet daadwerklik opgetree word teen hierdie stakende werkers wat die hele gemeenskap gyselaar hou.

Die werkers staak sedert 20 September en intussen het die situasie geëskaleer met ander groepe en politieke partye wat gister voor die burgersentrum in Middelburg geëis het dat die burgemeester, Diohaka Motsepe, die munisipale bestuurder, Bheki Kenisa, afdank.

Die munisipaliteit het alle dienste by die burgersentrum opgeskort tot 1 Oktober.

Inwoners en plaaslike sakelui is nou die slagoffers in die geskil tussen die munisipaliteit en stakende werkers.

Om sake te vererger is ‘n groot gedeelte van Middelburg hierdie week sonder water gelaat aangesien die stakende werkers ook weier om 'n groot toevoerpyp wat op die hoek van Koraan- en Maroelastraat gebars het, te herstel.

Die VF Plus eis dat dissiplinêre stappe teen die stakende werkers geneem word om te verhoed dat dienslewering en die onderhoud van kritieke infrastrutuur totaal in duie stort.

Belastingbetalers kan nie voortgaan om ‘n oorlaaide en onlojale werkmag te vergoed vir dienste wat bloot nie gelewer word nie.

Aan die vooraand van die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November moet kiesers van die geleentheid gebruik maak om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en die munisipaliteit uit die hande van die onbevoegde ANC red. Die verval kan gestop word.

Navrae: 082 823 2821

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.