fbpx
Vryheidsfront Plus

Hoërskool Driehoek: Parlementêre antwoorde wys dat Lesufi en Gautengse onderwysdepartement nalatig opgetree het rakende infrastruktuur-inspeksies

Die VF Plus het met skok, maar sonder verbasing, uit parlementêre vrae gestel aan die minister van basiese onderwys verneem dat infrastruktuur-inspeksies by die Hoërskool Driehoek slegs op 8 April 2006, 20 September 2006 en 8 April 2014 gedoen is. Die laaste ondersoek was gedoen in Julie 2018 as deel van ‘n ondersoek om die skoolgrootte-kapasiteit te bepaal.

Hieruit is dit duidelik dat inspeksies sporadies gedoen word en nie volgens sinvolle intervalle nie.

Nog meer skokkend is dat die laaste infrastruktuur-inspeksie bloot deel was van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se polities-gemotiveerde inisiatiewe om Afrikaanse skole te vernietig deur skole wat nie vol is nie te dwing om nie-Afrikaanssprekende leerders in te neem.

Dit is ook duidelik dat die sogenaamde infrastruktuur-inspeksie wat moes saamval met die skoolgrootte-inspeksie net daarop gerig was om klaskamergroottes te peil en nie die strukturele integriteit van die skool nie.

Dit is dus duidelik dat die politiekery van Lesufi en sy departement gelei het tot die gebrekkige onderhoud van Hoërskool Driehoek. Die eerste groep inspeksies was lank terug en sporadies gedoen en die fokus van die laaste inspeksie was bloot gedryf deur politieke oogmerke en nie om die veiligheid van die skool-infrastruktuur te verseker nie.

Die VF Plus ondersoek tans die moontlikheid om kriminele klagtes teen Lesufi en sy departement te lê. Dit is bejammerenswaardig dat gewone mense en leerders moes ly weens die ANC wat nie vir almal regeer nie en minderhede teiken vir hulle eie gebreke.

Dis tyd om terug te slaan en op 8 Mei die VF Plus groter te maak om die ANC uit te skop en ‘n nuwe koalisieregering daar te stel saam met ander opposisiepartye.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.