fbpx
Vryheidsfront Plus

Heropening van skole: Sentralistiese benadering boesem nie vertroue in nie

Die departement van basiese onderwys se sentralistiese benadering tot die heropening van skole is nie geskik vir die situasie op skoolvlak nie.

Terwyl talle skole weke lank al gereed is om veilig en ordelik te open, is daar ander waar die eerste voorbereidende stappe nog nie geneem is nie. Dit is nie realisties of billik om te verwag dat sulke skole se akademiese program tot die einde van die jaar gelyk moet verloop nie.

Deur die loop van die dag het die VF Plus kennis geneem dat die John Taolo Gaetsewe- onderwysdistrik met sy kantoor in Kuruman, nog geen skool vir hernude akademiese aktiwiteit voorberei het nie.

Aan die ander kant is daar openbare en onafhanklike skole in verskeie dele van die land wat die verantwoordelikheid op hulself geneem het om voor te berei. Ander skole gaan voort om leerders met afstandsmetodes te onderrig en ontwrigting van die akademiese jaar tot die minimum te beperk.

Hierdie stand van sake bevestig die VF Plus se standpunt dat skole primêr 'n gemeenskapsaak is en dat sentrale besluitneming oor operasionele sake nie die gewensde resultate lewer nie.

Daarom word die oproep herhaal dat skole toegelaat moet word om te heropen soos dit vir hulle moontlik is, terwyl ouers toegelaat moet word om hul kinders slegs skool toe te stuur indien hulle veilig daarmee voel.

Intussen moet die pionierswerk van diensverskaffers aan tuisskole en klein onafhanklike skole oor jare en selfs dekades, wat verligting van die huidige krisis moontlik maak, verwelkom word.

 

Kontaknommer: ‪074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.