fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Herhaling van 2019-uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo moet verhoed word

Die VF Plus het ‘n dringende versoek gerig aan Limpopo se LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Nanda Ndalane, om die provinsie op gereedheidsgrondslag te plaas om te verhoed dat die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes oorspoel na Limpopo en die uitbreking in die Vhembe-distrik na ander gebiede versprei.

‘n Groot kopsorg is die tekort aan staatsveeartse en die VF Plus eis dat die departement van landbou so gou doenlik veeartse aanstel en die stelsel verbeter.

Die LUR en haar departement moet ook seker maak dat die provinsie se rooi-sones beveilig word om te voorkom dat besmette diere met gesonde diere in aanraking kom.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op veeboere (kommersieel, opkomend en klein skaal) in die provinsie om self verantwoordelikheid te neem en toe te sien dat hul vee gereeld ondersoek word vir die siekte, ingeënt word soos voorgeskryf deur die departement van landbou en om die nodige gesondheidsklarings te bekom voor veeveilings.

Limpopo se landbousektor kan nie ‘n herhaling van die 2019-uitbreking van die hoogs aansteeklike siekte bekostig nie.

Rooivleis-produsente in Limpopo het geweldige finansiële verliese gely na die verbod op die vervoer van vee en veeveilings.

Volgens die nasionale bemarkingsraad het die 2019-uitbreking in Limpopo die ekonomie R4 miljard gekos.

Die VF Plus wil toesien dat boere nie onder meer finansiële druk geplaas word weens nog ‘n volskaalse uitbreking van bek-en-klouseer nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.