Hoewel plaasmoorde dikwels voorkom en die regering dit nie as prioriteitsmisdaad beskou nie, bly dit skokkend en onnodig.
In die jongste voorval is mnr. Ernst Human oor die naweek by Jan Kempdorp in die Vaalharts-gebied vermoor.
Mnr. Human was deel van 'n plaasbeveiligingsgroep wat per radio met mekaar verbind is. Ander groeplede het ondersoek ingestel nadat hy nie op sy radioroep gereageer het nie.
Die voorval beklemtoon opnuut die kwesbaarheid van mense op plase en in landelike gebiede, selfs binne veiligheidsgroepe.
Die VF Plus se gebede vergesel mnr. Human se geliefdes.