Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gru-plaasaanval in Noord-Kaap skokkend

Die VF Plus spreek sy skok uit oor die plaasaanval in Magogong, 'n landbounedersetting in die Vaalharts-besproeiingskema in die Noord-Kaap, waar drie lede van 'n gesin vermoor is.

Die plaashuis van mnr. Danie Brand (83) en sy vrou Breggie (73) is geplunder en drie voertuie is gesteel, waarvan twee teruggevind is. Die egpaar se dogter, Elzabie (54) wat by hulle gekuier het, is saam ontvoer. Die groep het met haar motor gevlug.

Gedurende die nag is die voertuig met vier insittendes by Pudimoe, op die pad na Vryburg, voorgekeer. Drie verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl die vierde, 'n vrou, tans nie met die misdaad verbind word nie.

Die verdagtes het wetstoepassers na een van die persone sy lyk geneem en verklaar dat die ander twee se liggame langs die pad versteek is. Die soektog na hulle gaan vanoggend voort.

Terwyl dit te vroeg is om besliste gevolgtrekkings te maak, kan met veiligheid gesê word dat hierdie voorval óf deel van die huidige vlaag plaasaanvalle is, óf dit word as dekmantel vir ander misdaad gebruik.

Magogong is op die grens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Onlangs is 'n plaasaanval in die nabygeleë Reivilo uitgevoer, terwyl nog 'n aanval verlede week gefnuik is.

Die VF Plus verwelkom ook 'n mosie wat vanoggend in die Noord-Kaapse wetgewer aangeneem is wat die moorde veroordeel. Dit is sulke tydige en ondubbelsinnige reaksies wat nodig is om die gety van plaasmoorde te keer; mits dit natuurlik in aksie omgesit word.

Navrae: 072 938 8588

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.