fbpx
Vryheidsfront Plus

Groot druk op ANC wen stryd om behoud van Afrikaans in taalmonument se naam

Groot druk op die ANC, insluitend die VF Plus se direkte vrae daaroor in die parlement aan pres. Cyril Ramaphosa, het klaarblyklik vir eers die stryd om die behoud van Afrikaans in die taalmonument se naam gewen.

Dit is duidelik dat die stryd om die taalmonument se naam ’n positiewe wending geneem het nadat pres. Ramaphosa verlede week tot die debat toegetree het.

Dit is hierdie week bevestig toe die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, ook gesê het daar is nie sprake van ’n naamsverandering nie.

Ek het tydens die presidensie se begrotingsdebat verlede Donderdag direk aan die president gevra of hy ’n probleem met Afrikaans het en of hy die monument saam met my sal besoek sodat ek hom oor die inklusiwiteit daarvan kan toelig.

Hy het my aanbod aanvaar en het dit in antwoord op my vraag duidelik gestel dat daar geen voorneme is om die naam te verander nie.

Die VF Plus het deurentyd sy gewig ingegooi by die stryd teen die naamsverandering. Die party sal net só die stryd om die behoud van Afrikaans in die algemeen en veral in skole en universiteite aanhou voer.

Die party sal nie toelaat dat die ANC sprekers van Afrikaans boelie in die stryd om hul taal en moedertaalonderrig nie. Hierdie stryd sal voortduur solank as wat die ANC aan bewind is.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.