fbpx
Vryheidsfront Plus

Groot dele van Vanderbijlpark sonder krag ná brand by Vesco-substasie

Die helfte van Vanderbijlpark is sedert gister sonder krag weens ‘n brand by die Vesco-substasie.

Die brand word toegeskryf aan voortdurende beurtkrag wat die kragnetwerk van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) kwesbaar laat.

Volgens die VF Plus kan die brand nie net toegeskryf word aan beurtkrag nie.

Emfuleni se onvermoë en nalatigheid om nie sy kraginfrastruktuur te onderhou en betyds te vervang nie, is ook deels verantwoordelik vir kortsluitings wat voorkom wanneer die substasie aangeskakel word na beurtkrag.

Gebiede wat geraak word, is die SE2, SE3, SE4, SE6, SE7, Mantevrede, Vaal-inkopiesentrum, Universiteit van Tegnologie, CE6, Powerville, President Hyper, en gedeeltes van SE1, SW1, SW2 en SW5.

Tans bestee Emfuleni astronomiese bedrae aan die herstel van paaie.

Alhoewel die VF Plus glo dat die onderhoud van alle infrastruktuur belangrik is, voel die party dat dié geld eerder aangewend kan word om die munisipaliteit se kragnetwerk te herstel en op te gradeer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.