fbpx
Vryheidsfront Plus

Grondplafonne sal nie aanvaar word nie

Wit kommersiële boere van Suid Afrika, wat opnuut deur die ANC geteiken word, sal dit nie aanvaar dat die ANC-regering by wyse van die instel van grondplafonne, beslag lê op hul grond nie. Hulle sal ook nie daartoe instem nie, sê mnr. Werner Weber, die VF plus se hoofwoordvoerder oor grondsake.

Mnr. Weber sê hierdie plan van minister Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, wat verlede week in die parlement bekend gemaak is, is 'n grondgryp-aksie op die styl van Zimbabwe wat nie toegelaat sal word nie.

“Die boere van Suid Afrika is deeglik daarvan bewus dat hulle in 'n markomgewing boer waar plase voortdurend van eienaar sal verwissel.

“Hulle ontken egter kategories dat hulle enige grond onregmatig bekom het, en sal vashou aan die grond waarvan hulle die regmatige eienaars is,” sê mnr. Weber.

 

Werner Weber

Kontaknommers: 087 985 3537 / 084 652 9164 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.