fbpx
Vryheidsfront Plus

Govan Mbeki-munisipaliteit se sogenaamde artikel 106-ondersoek net oëverblindery

Die VF Plus eis daadwerklike optrede teen die wanfunksionele Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMM) (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) nadat dit aan die lig gekom het dat die munisipaliteit nie voldoen het aan die vereistes van 'n artikel 106-ondersoek na ongerymdhede nie.

Die VF Plus het vandeesweek op uitnodiging van mnr. Mandla Msibi, Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), 'n sitting van die provinsiale wetgewer bygewoon.

Dit was om die artikel 106-ondersoek insake die munisipaliteit se statutêre verantwoordelikhede te bespreek en om vas te stel wat die burgemeester, Nhlakanipho Zuma, intussen gedoen het om teen wanadministrasie, bedrog en wanbestuur op te tree.

Die ondersoek is in Junie 2020 van stapel gestuur ingevolge artikel 106(1)(b) van die Munisipale Stelselswet.

Dit het talle bewerings van bedrog, korrupsie, wanadministrasie, nepotisme, onreëlmatige betalings en ander afwykings van die wet aan die lig gebring.

Hierdie bewerings het senior munisipale amptenare en raadslede betrek.

Die GMM kon geen vorderingsverslag aan die LUR oorhandig aangaande optrede teenoor amptenare en raadslede wat by bogenoemde betrek is nie.

Raadslede dra ook geen kennis van beweerde vergaderings wat glo gehou is in die GMM aangaande die aangeleentheid nie. Die interne prosedures is ook geensins met verskeie van die raadslede bespreek nie.

Die VF Plus het die LUR versoek om dringend in te gryp en te verseker dat die aanbevelings tot op die letter uitgevoer word.

Indien dit nie gebeur nie, sal die party die openbare beskermer (OB) versoek om ‘n bevinding rakende die nie-nakoming en -implementering van die verslag te maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.