Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

General Motors se onttrekking een van die eerste groot gevolge van die ANC se ekonomiese oorlogverklaring teen SA

General Motors se onttrekking is een van die eerste groot gevolge van die ANC se ekonomiese oorlogverklaring teen Suid-Afrika, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Hy sê dit is nie verbasend dat ‘n maatskappy soos General Motors (GM) uit die land onttrek nie aangesien dit geruime tyd reeds duidelik is dat groot maatskappye uiters ongemaklik is met die ANC se retoriek van radikale ekonomiese transformasie en uitsprake oor onteiening van eiendom.

Adv. Alberts sê dit moet in gedagte gehou word dat Amerika se president, Donald Trump, hard daaraan werk om Amerikaanse maatskappye terug te lok na hul eie land terwyl Suid-Afrika se regering oënskynlik alles in sy vermoë doen om beleggers weg te dryf.

“Niemand moet dink dat die Sjinese tot ons redding gaan kom en byvoorbeeld ‘n maatskappy soos GM se plek kom inneem nie. GM is verlore weens die ANC se optrede. Dit laat Suid-Afrika armer, baie mense gaan werkloos sit, die tekort in die handelsbalans raak groter en die rand sal daal.

“Die ANC-regering skep die perfekte storm vir ‘n revolusie in die land. GM se onttrekking wys dat ‘n ANC-gemaakte tydbom besig is om oor die land te tik,” sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.