fbpx
Vryheidsfront Plus

Gemeenskap van Delareyville blus self brand in middedorp met geen brandweer in sig

‘n Brand het Vrydagoggend verskeie geboue in die sakekern van Delareyville in puin gelê met geen brandweerwa in sig nie. Vier ondernemings is afgebrand.

Plaaslike boere en die gemeenskap moes inspring om die brand te blus aangesien dit onseker was wanneer en of die plaaslike brandweer sou opdaag.

‘n Brandweerwa is wel later van elders gestuur, maar het eers die middag opgedaag.

Die VF Plus het dadelik in verbinding getree met die hoof van rampbestuur in die provinsie, mnr. Jackie Rikhotso, om vas te stel waarom die brandweer soveel tyd neem om op ‘n noodgeval te reageer.

Dit het ook onder die VF Plus se aandag gekom dat die Tswaing-plaaslike munisipaliteit (Delareyville, Ottosdal, Sannieshof) wel oor ‘n nuwe brandweerwa beskik, maar volgens die brandweerhoof is daar blykbaar ‘uitdagings’ wat daartoe gelei het dat die plaaslike brandweerwa nie ontplooi kon word nie.

Die hoof van rampbestuur het onderneem om ondersoek in te stel en die VF Plus van ‘n verslag te voorsien rakende die gebeure asook om redes te verskaf waarom die nuwe brandweerwa nie operasioneel is nie.

Die VF Plus is in die proses om ‘n oudit te bekom vanaf die provinsiale regering wat onder meer duidelikheid sal gee oor die stand en gereedheid van brandweerstasies in Noordwes, sowel as die vermoë om op noodgevalle te reageer.

Hierdie voorval volg kort op 'n soortgelyke voorval in Mei vanjaar in Koster waar die brandweer sonder water in sy voertuie by ‘n brand in ‘n winkelsentrum opgedaag het.

Hierdie verval van basiese veiligheidsdienste in ANC-munisipaliteite illustreer die totale minagting van ANC-politici vir die veiligheid van gemeenskappe.

Die VF Plus bedank gemeenskap en boere van Delareyville vir hul vinnige optrede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.