fbpx
Vryheidsfront Plus

Geloftedag deel van die Afrikaner se kultuurerfenis wat hom gevorm het

Uitstaande manne en vroue wat oor geslagte heen groot opofferings gebring het vir die ideale waarin hulle geglo het, het ’n belangrike rol daarin gespeel om mense met dieselfde waardes en ideale saam te snoer.

Om hierdie rede het elke volk die reg, maar ook die plig, om die verlede te gedenk wat eindelik aan elke volk ’n eie en spesiale kulturele woning geskep het.

Op 16 Desember vier die Afrikaner Geloftedag om hulde te bring en erkenning te gee aan al sy helde wat diep spore getrap het in die geskiedenis en vorming van die Afrikaner.

Diegene wat by Bloedrivier hul lewe op die spel geplaas het vir ’n toekoms vir hul nageslag, word vandag in die besonder gedenk, maar so ook elke persoon wat gehelp het om aan ’n toekoms te bou.

Geloftedag is vir die Afrikaner nie ’n dag wat ’n regering of politieke party geskep het nie.

Op dié dag word ’n heilige gelofte herdenk en eerbiedig en geen regering kan aan die Afrikaner voorskryf oor die waarde wat aan dié dag geheg moet word nie.

Sou die regering versoenning op dié dag wil vier, is dit sy reg. Die Afrikaner was nog nooit teen versoening met ander volkere in Suid-Afrika nie.

Net so is dit die Afrikaner se grondwetlike reg om sy kultuur te vier en te gedenk. Wat die amptelike naam ook al is, bly vir die nageslag van die Voortrekkers ‘n dag van besondere betekenis om in ere te hou.

Op hierdie dag word ’n mens opnuut daaraan herinner dat die verlede, hede en toekoms onafskeibaar is. Net soos gister se helde, is vandag se leiers ook besig om ’n weg te baan vir die nageslagte wat kom.

Ons beleef tans baie uitdaging en bedreigings in Suid-Afrika, maar moet altyd ons hoop vestig op die Hemelse Vader net soos die Voortrekkers dit op hierdie dag in 1838 gedoen het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.