fbpx
Vryheidsfront Plus

Geen salarisse vir Emfuleni-amptenare

Amptenare en raadslede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het nie soos gebruiklik gister op die 25ste salarisse ontvang nie.

Randwater het op 19 April beslag gelê op Emfuleni se bankrekening weens uitstaande skuld van R888 245 710.

Die waterverskaffer het egter uit goedertrou die beslagleggingsbevel vir ‘n dag opgehef sodat salarisse betaal kon word.

Intussen het ‘n groep amptenare van Emfuleni egter die hooggeregshof genader om ‘n beslagleggingsbevel vir uitstaande voordele van R600 000 wat aan hul verskuldig is. Die hooggeregshof het die amptenare toestemming gegee om op die munisipaliteit se bankrekening beslag te lê.

Dit het daartoe gelei dat geen salarisse gister uitbetaal kon word nie.

Emfuleni skuld die amptenare wat om die beslagleggingsbevel aansoek gedoen het R600 000 vir onder meer behuisingstoelaes en ander toelaes wat nie aan hulle uitbetaal is sedert Emfuleni in 2018 tot ‘n graad B-munisipaliteit opgegradeer is nie.

Alhoewel die amptenare wel salarisse ontvang het volgens die nuwe posvlakke, is die byvoordele nie dienooreenkomstig aangepas en uitbetaal nie.

Amptenare en raadslede word nou benadeel weens die ANC-beheerde Emfuleni se wanbestuur van die munisipaliteit.

Met die ANC in beheer van Emfuleni is daar geen lig aan die einde van die tonnel nie en sal die munisipaliteit rondstrompel van een katastrofe na die volgende.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.