fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebrek aan infrastruktuur-instandhouding haal Govan Mbeki-munisipaliteit nou in

Infrastruktuur in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMM) het 'n punt van totale verval bereik.

Die VF Plus het daarom Mpumalanga se LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, versoek om dringend ondersoek in te stel en verslag te lewer oor die onderhoudswerk aan die vervalle paaie van die munisipaliteit.

Meer as 80% van die paaie rondom Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda en Trichardt, wemel van slaggate en die teeroppervlak is aan die verkrummel.

Herstelwerk is blote lapwerk van korte duur en slaggate vermeerder in so ‘n mate dat motors gereeld buitebande verloor.

In baie gevalle word twee bande tegelyk beskadig en motoriste word gedwing om hulp te soek wat baie gevaarlik is.

Van die motorbestuurders wat noodgedwonge langs die pad moet stop om buitebande te ruil, is al beroof.

Die situasie het nou vererger na die onlangse swaar reën wat daartoe lei dat motorbestuurders nie die slaggate, waarvan sommige tot 30cm diep is, sien nie.

Daar kan nie toegelaat word dat kontrakteurs met belastinggeld substandaard werk doen wat tot onnodige lewensverlies kan lei nie. Dit is veral die swak dreineringstelsels van stormwaterdreine wat die situasie vererger.

GMM onderhou nie die dreine nie en dit vul met rommel, blare en ander afval op.

Dit blyk ook dat die munisipaliteit oor jare toegelaat het dat miljoene rande se noodsaaklike toerusting wat nodig is vir die herstel en instandhouding van die dorpe se infrastruktuur, só verval het dat daar nou op kontrakteurs aangewese is om noodherstelwerk te verrig.

Dit lei tot verdere koste met hoogs betaalde munisipale amptenare- en tegnici wat ledig sit omdat hulle nie die nodige toerusting en voorraad het om hul werk te doen nie

Ten spyte daarvan dat die munisipale bestuurder, Joseph Maseko, op 'n onlangse openbare vergadering belowe het om werk te maak van die situasie, het daar tot dusver nie veel gebeur nie.

Die VF Plus sal ook by Ndlovu daarop aandring dat hy saam met die party ‘n oorsigbesoek aan die paaie bring om eerstehands te sien wat motoriste daagliks moet trotseer.

Die VF Plus dring jare reeds daarop aan dat die instandhouding en opgradering van infrastruktuur en toerusting in die munisipaliteit geprioritiseer moet word om te voorkom dat ‘n situasie soos tans ontstaan.

Die ANC-beheerde munisipaliteit in GMM het egter voortgegaan met die wanbestuur van finansiële hulpbronne met die gepaardgaande korrupsie wat telkens ontbloot is.

Die VF Plus sal voortgaan om te stry vir die prioritisering van infrastruktuur in die begroting en die herstel van professionele bestuur in die munisipaliteit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.