fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebrek aan brandweervoertuie in Lekwa-munisipaliteit kan lei tot verdere lewensverlies

Die VF Plus het met afgryse verneem van 'n motoris wat Maandag in Standerton op die R546-pad in die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Morgenzon, Standerton) verbrand het terwyl die munisipaliteit geen werkende brandweerwa beskikbaar het nie.

Dit is nie die eerste keer dat die gebrek aan brandweervoertuie moontlik ‘n tragiese voorval kon voorkom nie.

Drie kinders het in 2019 gedurende 'n huisbrand gesterf en sowat twaalf huise is in dieselfde jaar deur brande verwoes. Die situasie is te wyte aan die munisipaliteit se versuim om bestaande prosesse te volg om nuwe brandweerwaens te bekom.

Lekwa het ook vir etlike jare geen brandbeskermingstoerusting vir personeel nie.

In 2019 is twee brandweerwaens wel aangekoop. Die een het op pad Standerton toe gebreek en die ander een het uiteindelik opgedaag, maar is na bewering gesaboteer en nie in werkende toestand nie.

Dit beteken dat die munisipaliteit nie brandweerwaens het nie, ten spyte van die geld wat bestee is.

Nieteenstaande hierdie onaanvaarbare situasie, het Lekwa se salarisrekening in die 2020/21-finansiële jaar met 161% gestyg terwyl die munisipaliteit bankrot is en hy in teen die einde van die 2019/20 finansiële jaar R1.7 miljard aan krediteure geskuld het.

Terselfdertyd bestee amptenare geld aan luukse voertuie en private sekuriteit.

Die VF Plus het die nuwe munisipale bestuurder, Lebina Daniel Tsotetsi, versoek om dringend in te gryp om die krisis op te los, al moet 'n brandweerwa tydelik gehuur word om te verseker dat die inwoners veilig is.

Die Wet op Brandweerdienste van 1987 stel dit duidelik dat 'n munisipaliteit 'n wetlike plig het om brandbestrydingsdienste aan sy inwoners te verskaf.

Die VF Plus sal nie sy druk op die munisipaliteit verslap om sy grondwetlike plig na te kom deur ‘n behoorlike diens aan inwoners te verskaf nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.