fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng bou skole maar dit staan leeg

‘n Skool vir leerlinge met spesiale behoeftes wat teen ‘n bedrag van R249 miljoen gebou is en reeds in verlede jaar gereed was vir gebruik, staan steeds leeg terwyl die leerlinge wat die skool moet gebruik tans in ‘n pakhuis gehuisves word.

Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het gister aangekondig dat die skool vir leerlinge met spesiale behoeftes, die Nokuthula Centre and Special School, wat in Lyndhurst Johannesburg geleë is, eers op 1 September 2018 sy deure sal open.

Die skool in Marlboro wat in Oktober 2017 amptelik geopen is en gebou is en wat 550 leerlinge kan akkommodeer, staan tans en stof opgaar.

Lesufi is tans besig om die Gautengse departement van onderwys die grond in te bestuur. Sy aandag is hoofsaaklik op politiek in die provinsie gevestig is en nie op sy departement. Die gevolg is dat verskeie sake in die departement nie die nodige aandag kry nie.

Dit help nie daar word nuwe skole gebou om mee te spog maar dit word nie gebruik nie. Daar is duisende leerlinge in dié provinsie wat nie plek in skole kry nie weens die feit dat daar nie genoeg skole en onderwysers is nie.

Om hierdie laksheid van die LUR te probeer verbloem, beskuldig hy Afrikaanse skole dat hulle nie Engelstalige leerders wil inneem nie met die verskoning dat hulle vol is.

Hy probeer selfs die howe misbruik om hom te steun in sy vendetta teen Afrikaanse skole, maar dit het onlangs in sy gesig ontplof teen groot koste vir belastingbetalers.

 

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.