fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni se onvermoë om Randwater te betaal, benadeel Risiville-inwoners

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se onvermoë om sy inwoners van genoeg water en elektrisiteit te voorsien, het nou oorgespoel na sy buur-munisipaliteit, die Midvaal-plaaslike munisipaliteit, wat weier om langer sy waterrekening aan Emfuleni te betaal vir watervoorsiening aan die Risiville-gemeenskap.

Risiville was histories deel van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat sy water van Drie Riviere-Oos ontvang.

Die munisipale afbakeningsraad het Risiville egter by die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) ingedeel.

Die twee munisipaliteite was gedwing om ‘n besluit oor watervoorsiening aan Risiville te neem en in 2011 is ‘n ooreenkoms tussen die munisipaliteite gesluit waarvolgens Midvaal Risiville se grootmaat-waterrekening aan Emfuleni sal betaal aangesien die infrastruktuur steeds aan Emfuleni behoort.

Weens Emfuleni se wanbetaling aan Randwater is Risiville se watervoorsiening ernstig benadeel.

Risiville se inwoners word nou gestraf vir Emfuleni se onvermoë om sy waterskuld aan Randwater te betaal. Emfuleni se skuld aan Randwater beloop R1,3 miljard wat gelei het tot verminderde watertoevoer aan inwoners.

Die VF Plus steun ‘n interregering-bemiddeling waar die twee munisipaliteite tot ‘n vergelyk moet kom en besluit oor die toekomstige watervoorsiening aan Risiville.

Die party is van mening dat die ooreenkoms gedurende ‘n raadsvergadering heroorweeg moet word om ‘n werkbare oplossing te vind.

Die VF Plus sal druk op die Emfuleni-munisipaliteit plaas om die ooreenkoms te herbesoek om te verseker dat Risiville weer volle waterverbruik geniet.

Navrae: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.