Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni se munisipale beursskema is ondeursigtig en laat vrae ontstaan oor begunstigdes

Die VF Plus is bekommerd oor die ondeursigtigheid rakende die kriteria, werking en begunstigdes van Emfuleni se munisipale beursskema wat daargestel is om jongmense op te lei in plaaslike regeringsbestuur.

Die beursskema is geskep deur die ANC-beheerde Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging).

Die beursskema word befonds deur belastingbetalers en tog word geen melding daarvan gemaak in die Emfuleni-munisipaliteit se jaarlikse finansiële state nie. Die hele beursskema blyk in die donker gehul te wees.

Daar bestaan ook geen duidelikheid oor hoe die beurs-kandidate geïdentifiseer word en wie hierdie beurse oor die jare ontvang het nie.

Verder is daar nie enige inligting oor hoe die skema bestuur word nie. Daar is byvoorbeeld nie ‘n aanduiding of die beurse terugbetaalbaar is indien die beurshouer die kursus sou druip of ophou studeer nie.

Die VF Plus is ook ontevrede dat Emfuleni ‘n baie duur seremonie vir die oorhandiging van die jongste beurse aan voornemende studente gereël het.

Emfuleni steier reeds van die een krisis na die ander en dié fondse kan eerder aangewend word om dienslewering te verbeter.

Daar is geen rede waarom die beurse nie by die munisipale kantore oorhandig kon word in die teenwoordigheid van die media nie.

Die VF Plus gaan hierdie beursskema verder ondersoek om te verseker dat die Emfuleni-belastingbetalers se geld reg bestee word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.