fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-munisipaliteit se ekonomiese en politieke bankrotskap vererger

Die VF Plus is nie verbaas oor Ratings Afrika se aankondiging dat die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) die swakste presterende munisipaliteit in Gauteng is nie. Dit voortgesette wanbestuur en onvolhoubaarheid van die munisipaliteit is egter kommerwekkend.

Volgens Ratings Afrika, wat jaarliks ‘n ontleding van munisipaliteite se geouditeerde finansiële state uitvoer gegrond op ses maatstawwe om die volhoubaarheidsindeks vas te stel, het Emfuleni ‘n powere 17 uit 100 punte behaal.

Die munisipaliteit is op ‘n afdraande trajek wat moeilik gestop kan word en belastingbetalers ervaar die gevolge daagliks met ou en stukkende infrastruktuur en dienslewering wat kwalik bestaan.

Die VF Plus het teen die 2020/21-finansiële begroting gestem omdat Emfuleni se uitgawes meer as hul inkomste is weens ‘n lae invorderingskoers, diensverskaffers soos Eskom en Rand Water wat maande laas betaal is, min instandhouding van infrastruktuur, swak opgraderingswerk en meer.

Die munisipaliteit toon geen teken van verbetering sedert hy deur die Gautengse provinsiale regering onder gedeeltelike administrasie geplaas is nie. Die situasie verswak eerder en al wat die munisipaliteit tydelik kan red, is ‘n finansiële reddingsboei van die provinsiale regering.

Die ANC het ook hier deur sy wanbestuur bewys dat hy nie ‘n munisipaliteit suksesvol kan bestuur nie en vervang moet word deur ‘n koalisie-regering wat die munisipaliteit met die nodige kundigheid en toewyding sal bestuur.

Die VF Plus sal volgehoue druk toepas om die Emfuleni-munisipaliteit om belastingbetalers se belange eerste te stel en korrupsie en wanbestuur uit te roei.

Navrae: 083 263 9590

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.