fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni kry donasie van R1.2 miljard, maar dienslewering steeds power

Die VF Plus wil weet wie die geheime donateur is wat verlede jaar R1.2 miljard aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) geskenk het en of die persoon enige voordeel weens die skenking ontvang het.

Die party het nou ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ‘n aansoek ingedien by die munisipale bestuurder van die munisipaliteit, Lucky Leseane, om dié inligting bekend te maak.

Daar is geen aanduiding dat die geld wat in die tweede kwartaal van die huidige finansiële jaar (Oktober/November/Desember 2021) ontvang is, gebruik is om dienslewering te verbeter nie.

Die teendeel is eerder waar en dienslewering verswak daagliks.

Die munisipaliteit se skuld aan Randwater wat R1,5 miljard beloop, kon byna in geheel met die donasie gedelg gewees het.

In die 2021/22-finansiële jaar het Eskom en Randwater vier keer op die munisipaliteit se bankrekening beslag gelê weens wanbetaling.

Emfuleni het hierdeur byna R1 miljard aan onder meer boetes verbeur.

Indien Emfuleni beter bestuur was, sou dit nie nodig gewees het vir diensverskaffers om beslag te lê op bates nie. Die geld kon eerder aangewend word om die dienste waarvoor inwoners ten duurste betaal, maar nie ontvang nie, te lewer.

Hierdie is nog ‘n voorbeeld van die ANC se wanbestuur wat oor die jare toegelaat het dat die munisipaliteit meer en meer agteruit gaan. Dit kan nie langer toegelaat word nie.

Die inwoners van Emfuleni verdien beter.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.