fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni betaal geen voordele-bydraes vir amptenare in Desember

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se finansiële verknorsing het daartoe gelei dat die munisipaliteit Desember verlede jaar nie amptenare se bydraes vir hul mediese-, werkloosheidversekering- en pensioenfonds aan die betrokke instansies oorbetaal het nie.

Dit het gevolg nadat Eskom ‘n beslagleggingsbevel op Emfuleni se lopende bankrekening verkry het vir uitstaande kragskuld.

Emfuleni het tot op hede nog geen amptelike afbetalingsooreenkoms met Eskom aangegaan nie en die energieverskaffer dreig nou om na 20 Januarie die munisipaliteit se roerende bates te verkoop.

Die VF Plus voorspel dat indien die munisipaliteit voortgaan om Eskom te ignoreer, die moontlikheid bestaan dat amptenare en raadslede ook nie aan die einde van die maand salarisse sal ontvang nie.

Die jarelange wanadministrasie van die munisipaliteit het die ANC nou ingehaal.

Onder die ANC is Emfuleni in ‘n vervalle munisipaliteit omskep waar geen dienste gelewer word nie omdat daar geen toerusting of amptenare is om dienste te lewer nie.

Die VF Plus het by verskeie geleenthede die munisipaliteit en die Gautengse wetgewer gewaarsku dat indien daar nie daadwerklik ingegryp word nie, die munisipaliteit maar sy deure kan sluit.

Emfuleni se enigste redding is om die munisipaliteit uit die ANC se hande te neem en oor te gee aan ‘n politieke party of partye wat inwoners se belange eerste stel.

Intussen word Emfuleni se inwoners gestraf vir die ANC-regering se onbevoegdheid en gebrek aan politieke om ‘n sukses van die munisipaliteit te maak.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.