fbpx
Vryheidsfront Plus

Elke huis moet ‘n water-opgaartenk hê

(Debat in parlement: Suid-Afrika se groeiende waterkrisis)

 

Die ou gesegde dat die volgende wêreldoorlog nie oor beleidsverskille of grondgebied gevoer gaan word nie maar oor water, is welbekend. Ewe belangrik is die feit dat water nie hergebruik kan word as daar niks meer oor is nie. Dan is dit te laat vir trane.

Sonder water kan daar nie lewe wees nie, en Suid-Afrika is ‘n waterskaars land wat onder die dertig droogste lande ter wêreld tel.

Daar is verskeie redes waarom Suid-Afrika, benewens die lae reënval, tans ‘n waterskaarste ervaar. Dit is ‘n tekort aan opgaardamme, die vinnige bevolkingsgroei, instroming van miljoene immigrante uit Afrika en grootskeepse vermorsing en lekkasies weens swak instandhouding van infrastruktuur.

Suid-Afrika is weens die langdurige droogte reeds midde-in ‘n waterkrisis en daar moet sonder meer opgetree word om ‘n landwye Dag Zero te vermy. Dit sal katastrofies vir die land wees.

Daar moet deurgaans beplan en gewerk word aan die bou van nuwe opgaardamme en ander alternatiewe soos ontsouting moet deel wees van die beplanning. Ondergrondse water moet sinvol ontgin word en waar moontlik moet water gesuiwer word vir hergebruik.

Dit is lank reeds ‘n gebruik in droë gebiede om water in opgaartenks op te vang. Suid-Afrika het sewentien miljoen huishoudings wat gesien moet word as deel van die oplossing vir die waterprobleem.

Elke huis kan voorsien word van ‘n opgaartenk terwyl geen nuwe bouplan goedgekeur mag word indien daar nie voorsiening gemaak is vir ‘n opgaartenk nie.

Die afgelope 25 jaar is sowat drie miljoen Hophuise gebou. By elke huis moes ‘n watertenk van 5 000 liter geïnstalleer gewees het. Indien slegs die Hophuise se tenks twee keer per jaar deur reën gevul word, is dit maatsgewys feitlik gelykstaande aan die volle inhoud van die Churchilldam in die Oos-Kaap.

Die prys van ‘n 5 000 liter-opgaartenk is tans sowat R4 600, BTW ingesluit. Die departement van waterwese gee jaarliks miljoene rande onbestee aan nasionle tesourie terug wat hiervoor aangewend kan word. In 2015 is een miljard rand nie bestee nie in 2016 R827 miljoen.

Dit sal nie net waterwys wees nie, maar terselfdertyd ‘n goeie inspuiting aan die ekonomie gee en werk aan baie mense verskaf.

Kontaknommer: 072 428 6103

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.