fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni vorder van rommelstatus tot stabiel onder koalisieregering

Die koalisieregering van die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, se harde werk om finansiële stabiliteit na die metro te bring, het vrugte afgewerp.

Die GCR-graderingsagentskap het pas die metro van rommelstatus tot stabiel opgegradeer.

Die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, het die Ekurhuleni-metro die afgelope week as die bes presterende metro en munisipaliteit in Gauteng beskryf.

Die status sou nie bereik kon word sonder ‘n doelgerigte gesindheid van die koalisieregering om die metro finansieel suksesvol te bestuur nie.

Ekurhuleni is die enigste metroraad in Gauteng wie se maandelikse Eskomrekening ten volle betaal is.

Die sukses is behaal met streng kredietbeheer wat hoofsaaklik op groot ondernemings en staatsinstellings toegepas is.

Die metro het verder presteer deur in die 2020/2021-finansiële jaar geen ongemagtigde uitgawes aan te gaan soos by ander munisipaliteite nie.

Die koalisieregering werk hard om infrastruktuur te verbeter in ‘n metro waar bykans geen infrastruktuur die afgelope 21 jaar opgraderingswerk ondergaan het nie.

Die Ekurhuleni-metroraad het alle spandabelrige uitgawes gesny en selfs met die afgelope stadsrede, wat gewoonlik ‘n swierige geleentheid is, is eenvoud gevolg.

Alle ydelheidsprojekte soos die aanbring van bankies en beeldjies in die metro, is gestop.

Die koalisieregering het in vier maande baie vermag, maar kan uiteraard nie alle probleme oornag oplos nie.

Die VF Plus as deel van die koalisieregering is elke dag toegewyd om gehalte dienslewering en ‘n effektiewe regering te bevorder en te verseker.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.