fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni ontvang skoon oudit vir 2021/22-finansiële jaar

Die Ekurhuleni-metro se ongekwalifiseerde ouditverslag vir die 2021/22-finansiële jaar getuig van ‘n skoon administrasie en ‘n gesonde koalisievennootskap waarvan die VF Plus deel is.

Die ouditeur-generaal (OG) het aangedui dat die finansiële state vry is van wesenlike wanvoorstellings (dus 'n finansieel ongekwalifiseerde ouditmening) en dat daar geen wesenlike bevindinge is rakende verslagdoening oor prestasiedoelwitte of die nienakoming van wetgewing nie.

Die belangrikheid van die veelparty-koalisievennootskap is om te verseker dat die Ekurhuleni-metro (Kemptonpark, Edenvale, Boksburg, Germiston, Nigel, Springs) met integriteit en deursigtigheid bestuur word.

Die verkryging van hierdie skoon oudit is 'n aanduiding van die vasbeslotenheid om belastingbetalers se geld verantwoordelik te gebruik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.