fbpx
Vryheidsfront Plus

Eienaarskap van huureenhede in Stad Kaapstad moet oorgedra word aan regmatige huurders

Die VF Plus verwelkom die onlangse aankondiging van die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, dat eienaarskap van huureenhede van die stad aan bestaande huurders oorgedra word.

Baie arm gesinne, veral op die Kaapse Vlakte, huur al dekades lank by die stad, sommige sedert voor 1994.

Die tyd het regtig aangebreek om die mense die geleentheid te gee om eienaarskap van die eiendomme te neem.

Stad Kaapstad moet van hierdie geleentheid gebruik maak om die toewysingsstelsel vir huureenhede skoon te maak van alle onwettige bewoners.

Wetsgehoorsame Suid-Afrikaanse burgers, wat al jare op die behuisingsbehoefteregister is, kan veel eerder die geleentheid kry om huureenhede te ontvang.

Baie van die huureenhede is ook nie deur die stad in stand gehou nie en het strukturele probleme. Die stad moet hierdie kwessie aanspreek voordat die titelaktes oorhandig word.

In 'n onlangse voorval, op 13 September 2022, het 'n enkelma van twee kinders in Morning Star, Durbanville, 'n slagoffer geword van 'n huisbrand waarin sy byna alles verloor het. Die brand het vermoedelik weens ‘n elektriese kortsluiting ontstaan.

Dit het gebeur binne minder as 'n maand nadat sy eienaarskap van haar gehuurde eiendom oorgeneem het. Sy moes sedertdien die perseel ontruim.

Nie die Stad Kaapstad of die departement van menslike nedersettings het tot nou toe enige hulp aan haar verleen nie.

Die VF Plus het navraag gedoen of ‘n geldige elektriese voldoeningssertifikaat uitgereik is ingevolge regulasie 7(5) van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Nog geen terugvoer is ontvang nie.

Die VF Plus sal voortgaan om die situasie te monitor. Beide die Stad Kaapstad en die burgemeester moet toesien dat ‘n omsigtigheidsondersoek gedoen word voor die oorhandiging van titelaktes aan waardige en verdienstelike begunstigdes.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.