fbpx
Vryheidsfront Plus

Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit moet toesien dat alle strukture bo 50-jaar-vloedlyn gebou word

Die VF Plus dring daarop aan dat die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (Mbombela, Nkomazi, Bosbokrand, Thaba Chweu) die wetgewing toepas wat inwoners verbied om permanente strukture binne die 50-jaar-vloedlyn te bou.

Verskeie groot riviere het al in die verlede hul walle tydens die reënseisoen oorstroom en groot skade aan plaaslike gemeenskappe aangerig.

Met die afgelope twee weke se hewige reën in die gebied en met verdere vloede wat 'n waarskynlikheid is, is dit die verantwoordelikheid van die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit om die veiligheid van inwoners te verseker. Daar is tot dusver nie veel gedoen om 'n bewusmakingsveldtog te loods om inwoners bewus te maak van die vloedlyn nie.

In Tonga het verskeie huise wat klaarblyklik onder die vloedlyn gebou was, verspoel.

Die VF Plus het reeds tydens 'n onlangse raadsvergadering versoek dat daar bewusmaking rondom vloedlyne geskep word.

’n Voorspelling van 200mm of meer reën word tot 16 Februarie in en om Mbombela verwag, wat ernstige skade aan huisinfrastruktuur kan veroorsaak in die gebiede waar hierdie wetgewing nie geïmplementeer word nie.

Die VF Plus sal druk op die munisipaliteit plaas om te verseker dat hierdie wetgewing effektief in alle areas van die distrik geïmplementeer word.50-j

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.