Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Druk verkeersvloei in Pretoria verlig

Verkeersopeenhopings by besige kruisings in Pretoria wat deur langdurige periodes van beurtkrag veroorsaak word, word nou verlig deur die ontplooiing van metropolisielede en puntspersone by besige kruisings.

Die grootste verkeersknelpunte in Pretoria is geïdentifiseer waarna lede van die Tshwane-metropolisie ontplooi is.

Die metro se departement van gemeenskapsveiligheid sal in die nabye toekoms ook ander belanghebbendes betrek om die puntdiens-netwerk uit te brei.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op inwoners en mense wat elders woon om hul pendeltydperk aan te pas en vroeër werk toe te vertrek. Indien moontlik moet hulle ook die oggend- en middagspitsverkeer vermy.

Selfaangestelde puntsbeamptes is nie gemagtig om die verkeer te beheer nie en kan verwarring of selfs ongelukke veroorsaak.

Indien mense hul daaraan skuldig maak, skakel die metropolisie by 012-358 7095/ 7096 of 012-323 0035/0036.

Motoriste kan ook https://www.trafficfreeflow.co.za/mobile-pointsmen/ besoek om vas te stel waar puntsbeamptes ontplooi is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.