fbpx
Vryheidsfront Plus

Drie sake wat burgemeester van Sol Plaatje nie in sy begrotingsrede aangespreek het nie

Die VF Plus het in sy reaksie op die burgemeester van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie), mnr. Patrick Mabilo, se begrotingsrede vir die 2021/22-finansiële jaar drie groot probleme uitgewys wat hy nie in sy begroting behandel het nie.

1. Die dreigende krisis op die Barkly-Wes-hoofpad wat deur rioolstorting veroorsaak word.
Rou rioolwater is opgedam by Platfontein, wes van Kimberley, en dreig om die pad te oorspoel. Dit sal die teeroppervlak vernietig en daarmee saam die vervoer van mangaanerts na die Koega-hawe, sowel as ander noodsaaklike produkte.

2. Die feit dat uitstaande debiteure ruimskoots vir alle dienslewerings-beloftes sou kon betaal.
Onder die bestuur van die huidige waarnemende hoof finansiële beampte, toe hy nog debiteurebestuurder was, het debiteure gestyg tot meer as R2 miljard. Met selfs net 'n derde daarvan kan Sol Plaatje al sy beloftes nakom.

3. Die begroting is veronderstel om 'n regverdige verdeling na elke wyk te weerspieël en in ag te neem dat getroue betalers van diensterekeninge nie afgeskeep mag word nie.
Sol Plaatje mag nie getroue betalers afskeep ter wille van ander wyke wat meer militant meeding om fondse nie. Volgens wet moet alle wyke gelyk versorg word.

Indien Sol Plaatje bogenoemde drie probleme oplos en sy basiese dienslewering opskerp, kan Kimberley weer bekendstaan as die glinsterende diamantstad. Op die oomblik verdrink Kimberley onder vullis en rioolvuil wat net voor die deur van die onbevoegde ANC-beheerde raad gelê kan word.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.