Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dienslewering-petisies is bewys dat nuwe metro’s in Gauteng nie kan slaag nie

Die VF Plus het die Petisie Komitee in die Gauteng Wetgewer daarop gewys dat die nuwe beplande metro’s in Gauteng nie sal slaag nie aangesien te veel dienslewering-petisies tans op die rol van Wetgewer se Petisie komitee dien.

Die VF Plus se LPW in Gauteng en lid van die komitee, mnr Philip van Staden, het die komitee daarop gewys dat daar vandag alleen, drie-en-twintig petisies gedien het van oor die hele Gauteng. Hierdie petisies sluit onder andere in:

Die VF Plus bly by sy standpunt dat die skep van nuwe metro's glad nie dienslewering gaan verbeter nie en die aantal petisies en aard daarvan wat die wetgewer binnestroom, bevestig weereens hierdie standpunt.

"Die aggressiewe monster wat deur die nuwe metro's geskep gaan word, is reeds besig om te gebeur. Die groot aantal petisies wat tans toesak op die Gauteng Wetgewer, is skrikwekkend en as die premier en die ANC nie die gevare sien kom nie, sal hul dit nooit sien of hulle wil dit nie raaksien nie."

Die VF Plus is van mening dat hierdie situasie net gaan vererger aangesien munisipaliteite in Gauteng nie kan gehoor gee aan inwoners se noodkrete om dienslewering nie en dat inwoners hul wend tot die Gauteng Wetgewer as 'n laaste desperate uitweg.

 

Philip van Staden

VF Plus LPW Gauteng

Tel: 0840154722 of 0114985477

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.