fbpx
Vryheidsfront Plus

Dienslewering in Nelson Mandelabaai verswak, maar meer word begroot vir oortydbetaling

Terwyl vullis ophoop in woonbuurte en dienslewering verswak, het die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) oortydbetaling aan amptenare in die aansuiweringsbegroting verhoog vanaf R186 miljoen tot R205 miljoen. Net in Januarie vanjaar is R25 miljoen aan oortyd bestee.

Dit is onaanvaar gesien in die lig van amptenare wat net in die laaste ses maande van 2021, 39 896 dae (gelyk aan 109 jaar) se siekverlof geneem het.

Die metro se infrastruktuur- en ingenieursafdeling se amptenare is die siekste van al die departemente met 8 963 dae se siekverlof wat toegestaan is, gevolg deur veiligheid en sekuriteit (7 840 dae) en openbare gesondheid (6 574 dae).

Baie van hierdie amptenare neem siekverlof en werk dan oortyd om sodoende hul salarisse aan te vul.

Geen wonder die NMBM is ‘n gebroke metro met vandalisme van infrastruktuur en eiendom wat hoogty vier en vullis wat in woonbuurte ophoop nie.

Die VF Plus gaan die waarnemende stadsbestuurder, Noxolo Nqwazi, en haar departementele hoofde vra vir ‘n konstruktiewe plan om die buitensporige neem van siekverlof hok te slaan en te beheer.

Die metro het sy kredietinvorderingskoers aangepas van die verwagte 85% in die 2020/21-begroting tot 79% in die aansuiweringsbegroting.

Die metro plaas die skuld hiervoor op die Covid-19-pandemie, maar dit is nie die enigste rede nie. Die kultuur van nie-betaling vir dienste moet aangespreek word en die invordering van munisipale rekeninge moet opgeskerp word.

Inkomste uit kragverkope is afwaarts aangepas na R148,77 miljoen in ooreenstemming met heersende verbruikerspatrone volgens die metro. Die elektrisiteitsdiens van die metro funksioneer teen ‘n verlies en bedreig die finansiële volhoubaarheid om volhoubare kragvoorsiening te verseker.

‘n Groot bydraende faktor tot die afwaartse aanpassing in inkomste uit kragverkope is kragdiefstal en die onwilligheid van die metro om daarteen op te tree.

Die metro sal sterk standpunt hierteen moet inneem en die ontkoppeling van onwettige verbindings en optrede teen skuldiges moet prioritiseer.

Die VF Plus kan nie die aansuiweringsbegroting ondersteun solank die ANC-geleide metro nie belastingbetalers se behoeftes voorop stel nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.