Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Derde plaasaanval in 24 uur in die Vrystaat

Drie plaasaanvalle binne 24 uur in die Vrystaat maak dit opnuut duidelik dat landelike beveiliging nie ‘n prioriteit vir die ANC-regering is nie.

In die jongste voorval is Christiaan van Tonder, ‘n jong boer van Lindley vermoor. Dit volg kort op ‘n aanval gisteraand op die Venter-gesin van Bothaville en die plaasmoord op Johan Prinsloo van Koppies.

Danksy goeie samewerking tussen die gemeenskap, die polisie en veiligheidsnetwerke, is verdagtes wat met van die aanvalle verbind word, in hegtenis geneem.

Om hierdie soort misdaad te bekamp, is dit belangrik dat die polisie se landelike beveiligingsplan effektief in werking gestel word en polisiekantore met die nodige hulpbronne toegerus word.

Die VF Plus doen opnuut ‘n ernstige beroep op boere en landelike gemeenskappe om self ook veiligheidsmeganismes in plek te stel om hul veiligheid te verseker.

Die party sal waar moontlik hulp verleen om die skuldiges op te spoor om toe te sien dat geregtigheid vir die slagoffers geskied.

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die slagoffers se familie en geliefdes en wens die Venter-gesin ‘n spoedige herstel toe.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.