fbpx
Vryheidsfront Plus

Dawid Kruiper: VF Plus stap uit raadsvergadering oor dienslewering

Die VF Plus het vanoggend uit 'n raadsvergadering van die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit gestap weens' n gebrek aan erns oor dienslewering.

Die munisipaliteit, wat Upington, Louisvale, Rietfontein en Mier bedien, wil nie gehoor gee aan moontlike oplossing om diensleweringsprobleme op te los nie.

Opposisiepartye het so hul misnoeë met die munisipaliteit se onvermoë of onwilligheid te kenne gegee.

Dawid Kruiper gaan gebuk onder swak dienslewering wat die volgende insluit: Paaie wat tot niet gaan, die kragvoorsieningsnetwerk is swak, daar is rioolblokkasies in dorpsgebiede en talle gemeenskappe het nog die emmerstelsel.

Watervoorsiening is ‘n ook voortdurende knelpunt.

Ondernemings kry swaar onder beurtkrag en geen werkbare oplossings word op die tafel geplaas nie.

Sedert November 2022 het die VF Plus verskeie skrywes gerig aan die munisipale bestuurder, mnr. Elisas Ntoba en die speaker, me. Melanie Dodds, om te versoek dat daar ‘n vergadering belê word om die probleme aan te spreek.

Die versoek sluit in dat ‘n forum op die been gebring word waarby kundiges betrek kan word en dat gemeenskappe gehelp moet word om eie kragopwekkingsaanlegte op te rig.

Die versoek is geïgnoreer.

As teken van protes het die VF Plus besluit om vanoggend saam met ander opposisiepartye die vergadering te verlaat.

Die VF Plus sal volhou om die gemeenskap te beskerm en alles moontlik doen om beter dienslewering te verseker.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.