fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Dawid Kruiper: VF Plus dien klag in by MRK oor geen krag, geen water

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale), het weereens tydens beurtkrag min of geen drinkwater nie.

Die VF Plus het om hierdie rede gister, 15 Februarie, 'n klag my die menseregtekommissie (MRK) teen Eskom ingedien.

In die klag word versoek dat alle watervoorsieningsaanlegte in die Dawid Kruiper-munisipale gebied permanent van beurtkrag vrygestel word.

Gedurende Desember 2022 het Eskom tydelike vrywaring van beurtkrag aan Dawid Kruiper se waterwerke verleen. Hierdie vrywaring is op 31 Januarie 2023 opgeskort.

Eskom het gister aangedui dat hy bereid is om vir die volgende twee weke die waterwerke vry te stel van beurtkrag. Dié verligting is nog steeds net tydelik.

Tydens beurtkrag stop watervoorsiening na die hoogliggende gebiede in Upington byna onmiddellik.

Ander gemeenskappe soos Mier, Rietfontein en Louisvale, het soms vir ure of selfs dae nadat beurtkrag beëindig is, nie water nie.

Die enigste manier om aan daardie gemeenskappe water te lewer, is deur middel van watertrokke wat die munisipaliteit voorsien.

Daar is nie genoeg tyd tussen beurtkragure vir die watervoorsieningsnetwerk om reservoirs tot op kapasiteit te vul nie.

Gemeenskappe wat sover as 250km buite Upington geleë is en van dieselfde bron afhanklik is, trek die swaarste.

Upington en omstreke is in 'n baie warm deel van Suid-Afrika geleë. Om gemeenskappe sonder water te laat is wreed en kan noodlottig wees.

Water is 'n mens se basiese reg. Die VF Plus sal toesien dat dié mense se regte nie verder geskend word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.