fbpx
Vryheidsfront Plus

Dawid Kruiper-munisipaliteit swig voor Nersa oor kragtariefverhoging

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Mier, Rietfontein, Upington) moes sy 2022/23-begroting vir ‘n tweede keer aan die raad voorlê vir goedkeuring nadat Nersa die munisipaliteit se eerste begroting verwerp het weens die kragtariefverhoging van 9,62%.

Met die tweede voorlegging van die begroting het die meerderheid raadslede ten gunste van ‘n 7,47%-verhoging gestem.

Eiendomsbelasting, asook water, sanitasie en vullisverwydering is alles met 5% verhoog.

Die VF Plus het nie ten gunste van die aanvaarde begroting gestem nie aangesien die raad versuim het om die insette van inwoners, wat tydens die openbare deelnameproses gelewer is, in ag te neem.

Die begroting spreek nie die behoeftes van inwoners aan nie en die ekstra las wat op hulle geplaas word met die tariefverhogings kan die kameel se rug breek.

Die VF Plus voel sterk daaroor dat daar na die gemeenskap omgesien moet word en dat die Dawid Kruiper-munisipaliteit sy sake beter moet prioritiseer.

Die party het ook teen die salarisverhoging vir raadslede gestem en aangevoer dat die geld eerder aangewend kan word vir die instandhouding en vervanging van kritieke infrastruktuur.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.