fbpx
Vryheidsfront Plus

DA se hoë prestasiepunt aan Lesufi wys dié party se minagting vir Afrikaans

Hoe harder Panyaza Lesufi teen Afrikaans veg, hoe hoër is die prestasiepunt wat die DA aan dié omstrede Gautengse LUR vir onderwys en kampvegter téén Afrikaans toeken.

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, gee aan Lesufi byna ‘n onderskeiding met ‘n punt van 75% nadat die DA hom in 2016 met 60%, en in 2017 met 70% ‘beloon’ het.

Luidens mediaberigte gebruik Msimanga selfs die heuningkwas om Lesufi se ‘deugde’ mee te beskryf. Volgens hom het Lesufi ‘n ‘duidelike visie’ oor waarheen hy met Gauteng se onderwysdepartement op pad is en hy speel ‘n ‘groot rol’ om onderwys in Gauteng te ‘moderniseer’.

Die VF Plus vind dit verstommend gegewe Lesufi se onverbloemde stryd teen Afrikaans en Afrikaanse skole in Gauteng en beskou dit as ‘n klap in die gesig van elke Afrikaanssprekende persoon in dié provinsie.

Wit en bruin Afrikaanssprekendes moet kennis neem van die DA se steun aan Lesufi. Dit dien as bewys hoe belangrik dit vir kiesers is om ‘n party te steun wat opkom vir hul belange en om nie bloot vir ‘n groter opposisieparty te stem wat selfs die ANC se siening oor sekere sake deel nie.

Die VF Plus is die enigste party wat opkom vir die Afrikaanse gemeenskap in Gauteng en elders in die land.

Die probleme by die Hoërskool Overvaal vroeër vanjaar, wat ook die maaksel van Lesufi was, het daartoe gelei dat die VF Plus ‘n privaatlid-wetsontwerp ingedien het om protesoptogte en -aksies binne 500m van skole en ander instellings waar minderjariges teenwoordig is, te verbied.

Dit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer en is verlede maand by die parlement se portefeuljekomitee oor polisie ingedien vir bespreking.

Die VF Plus, tans op drie ná die grootste party in Gauteng, sal ‘n opposisievennoot wees wanneer ‘n nuwe regering in dié provisie gevorm word en dit is sal kiesers loon om eerder dié party se hand te sterk om hul regte te beskerm wanneer hy ‘n regeringsvennoot word.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.