fbpx
Vryheidsfront Plus

DA-raadslid wat kiesers idiote noem gestraf

Die VF Plus in Midvaal (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) verwelkom die skuldigbevinding van ‘n DA-raadslid, me. Salome Janse van Rensburg, wat kiesers idiote genoem het. Dit is ‘n oortreding van die Gedragskode vir Raadslede.

Die VF Plus het ‘n amptelike klag by die Midvaal-stadsraad ingedien nadat me. Janse van Rensburg lede van die publiek op sosiale media gevloek en uiters kru-taal gebruik het.

Sy het hulle onder meer idiote genoem. Van Rensburg moet nou 25% van ‘n maand se salaris as boete betaal en ook ‘n openbare verskoning uitreik.

Die VF Plus sal onverpoosd veg vir die regte van belastingbetalers en sal nie dié tipe onaanvaarbare gedrag deur ‘n openbaar verkose amptenaar duld nie.

Kontaknommer:071 640 7283

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.