Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA moet sê waarheen hy op pad is met die Wes-Kaap

(Debat oor provinsiale rede)

Die tyd het aangebreek vir die DA om vir die mense van die Wes-Kaap te sê waarheen hy met die provinsie op pad is. Die premier, Alan Winde, was stil hieroor in sy provinsiale rede.

Die premier het ook geen woord gerep oor die netelige kwessie van onteiening sonder vergoeding nie. Intussen is dit besig om groot onsekerheid en spanning te veroorsaak onder kommersiële en opkomende bruin en wit boere.

Een ding staan soos ’n paal bo water, en dit is dat die ANC nie te vertrou is met enige vorm van grondonteiening nie.

Net so het die premier nie melding gemaak van staatsbeheerde trustgronde soos Mamre, Haarlem, Slangrivier, Zoar, Ebenhaser, Kanshoek, Saron, Friemersheim of Genadendal waar mense lank reeds wag dat die grond aan hulle oorgedra word nie.

Die vraag is ook of die eienaars ná oordrag gehelp gaan word om op die been te kom en om hul grond te beskerm teen onwettige besetters.

Toe die premier die lede van die provinsiale regering gevra het om voorstelle om die provinsie te verbeter, het die VF Plus verskeie, sinvolle voorstelle op die tafel geplaas:

• Die uitbreiding van die munisipale polisiediens.
• Die uitbreiding van hoofweg-patrollies.
• ’n Verskerpte fokus op diabetes om mense beter te beskerm teen Covid-19.
• Die aflewering van chroniese medisyne by mense se woonplekke.
• Federale outonomiteit vir die Wes-Kaap.

Die VF Plus neem kennis daarvan dat die premier van hierdie punte in sy rede genoem het en verwelkom dit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.