Die voorval waar die ANC-burgemeester van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, me. Nikiwe Num, in Julie vanjaar glo in kru taal teen senior bestuurders van die munisipaliteit uitgevaar het, is skokkend.
Daar word beweer dat Num tydens ‘n vergadering met die munisipale bestuurspan persoonlik beledigend was teenoor die munisipale bestuurder, Seshego Abrams, en nog ‘n senior bestuurder, Abe Metswamere.
Dit was glo nadat hulle met haar verskil het oor personeelaangeleenthede in die munisipaliteit.
Die beweerde voorval het onlangs eers aan die lig gekom nadat Abrams en Metswamere ‘n brief gerig het aan die betrokke amptenare en departemente.
Die kwessie behoort dringend ondersoek te word met die oog op ferm optrede om die moreel in die munisipaliteit te herstel.
Dit is onaanvaarbaar dat die amp van burgemeester ondermyn word.
Die gebrek aan spoedige optrede oor hierdie ernstige bewerings, beklemtoon weer die ANC se arrogansie en minagting vir professionele amptenare wat weier om hul selfdienende agendas te bevorder.
Die inwoners van Matlosana, JB Marks en Maquassi Hills verdien beter as die ANC.