fbpx
Vryheidsfront Plus

Breedevallei-munisipaliteit se eiendomswaardasies buitensporig in huidige ekonomiese klimaat

Die VF Plus in die Breedevallei-plaaslike munisipaliteit (De Doorns, Rawsonville, Touwsrivier, Worcester) het verskeie klagtes ontvang vanaf inwoners wat ontevrede is met hul nuwe eiendomswaardasies en die inkonsekwentheid daarvan soos aangedui op die munisipaliteit se eiendomswaardasierol.

Sommige inwoners se eiendomswaardasies is met tot 46% verhoog al is daar geen verbeterings of veranderings aan die eiendom aangebring nie.

Gegewe die huidige ekonomiese klimaat, is dit totaal buitensporig. Dié verhoogde waardasies gaan daartoe gelei dat eiendomsbelasting dienooreenkomstig verhoog word.

Die VF Plus moedig inwoners wat van mening is dat hul eiendomswaardasies nie korrek is nie, aan om voor 1 Februarie 2021 beswaar aan te teken by die munisipaliteit en redes te verskaf oor waarom hulle nie saamstem met die nuwe waardasie nie.

Die VF Plus sal ook inwoners bystaan met die indien van besware.

Dit het ook onder die VF Plus se aandag gekom dat amptenare van die munisipaliteit onwillig is om inwoners wat beswaar wil aanteken, te woord te staan en behulpsaam te wees.

Dit is nie aanvaarbaar nie en die VF Plus sal die saak opneem met die burgemeester, me. Antoinette Steyn en die munisipale bestuurder, David McThomas.

Navrae: 076 296 2285

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.