fbpx
Vryheidsfront Plus

Bothaville: Herstelwerk begin aan voortslepende rioolprobleem

Na volgehoue druk van die VF Plus het die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) eindelik kontrakteurs aangestel om aandag te gee aan 'n voortslepende rioolprobleem in Bothaville.

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag by die Nala-polisie ingedien en is al ‘n geruime tyd besig met toepaslike druk op die munisipale bestuur om aandag te gee aan die rioolplaas in Meyerhof op Bothaville.

Die rioolplaas het deurgeloop onder diefstal wat baie skade aan die pompe en ander infrastruktuur aangerig het.

Die pype wat van Brandstraat na die rioolplaas loop, is onder druk weens nuwe besighede wat op die dorp oopgemaak het. Verouderde rioolinfrastruktuur wat nie behoorlik in stand gehou en opgegradeer is nie, het daartoe gelei dat die pyplyn nie die vloei nie kon hanteer nie.

Vir meer as drie jaar moes die pyplyn weekliks deur die munisipaliteit oopgemaak word om te keer dat verstoppings nie plaasvind nie, maar kon weens blote krisisbestuur nie daarin slaag om 'n volhoubare oplossings vir die probleem te vind nie.

Die VF Plus staan op teen die verval in ANC-munisipaliteite en plaas druk toe totdat probleme opgelos word.

Die VF Plus sal die kontrakteurs monitor totdat die probleem ten volle opgelos is.

Staan saam met die VF Plus op teen die verval en stem op 1 November in die komende plaaslike verkiesing vir beter dienslewering.

Navrae: 082 770 6201

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.