fbpx
Vryheidsfront Plus

Bloemwater dreig weer om krane toe te draai weens agterstallige skuld

Bloemwater se dreigement om watertoevoer vir die Manguang-metro tot slegs 30% te verminder totdat betaling van die metro (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus en Soutpan) ontvang is, is onaanvaarbaar.

Dit is ook onaanvaarbaar dat die twis tussen Bloemwater en die metro en hul onvermoë om tot ‘n vergelyk te kom, kan lei tot die ongerief van die inwoners van Mangaung.

Dit is duidelik dat Bloemwater elke jaar in November gebruik maak van dreigemente om die watertoevoer te verminder om die metro te dwing om sy uitstaande rekening te betaal.

Dit is inderdaad so dat die metro ‘n verpligting het om sy rekening te betaal net soos wat elke inwoner ‘n verpligting het om sy of haar rekening te betaal.

Die skuld vir die probleem moet gelê word voor die swak bestuur van die ANC in die metro wat vir die skuldprobleem verantwoordelik is.

Die probleem word vererger deurdat Bloemwater reeds vanaf Junie weet dat die metro se rekening agterstallig is. Die probleem kon daarom lank reeds aangespreek word.

Na vyf maande en reg voor die feesseisoen word die stad nou gyselaar gehou.

Die VF Plus het die saak bespreek met die waarnemende stadsbestuurder, mnr. Selo More, en hy het die versekering gegee dat die metro alles in sy vermoë doen om wel van die uitstaande skuld te betaal om te voorkom dat die stad sonder water sit.

Die provinsie skuld die metro R700 miljoen vir water en indien die metro hierdie geld ontvang, kan die skuld aan Bloemwater betaal word.

Die VF Plus het vroeër vanjaar reeds gewys op die hoë uitstaande skuld van die provinsie.

Die ANC het hiermee opnuut bewys hy het nie die vermoë om die metro te bestuur nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.