fbpx
Vryheidsfront Plus

Binnegevegte en bewerings van korrupsie laat ANC struikel

Die ANC se binnegevegte en swak bestuur van die Lesedi-munisipaliteit veroorsaak dat die hele stad daaronder ly.

Die nuutste skande is die skorsing (met volle vergoeding) van die stadbestuurder, mnr. Ayanda Makhanya. Bewerings van korrupsie en wangedrag laat die dorp struikel tot nadeel van sy inwoners. Dit is nou tyd om gereed te maak vir die komende munisipale verkiesing, maar nou word die dorp ontwrig deur ongerymdhede van senior bestuur.

“Die VF Plus is ‘n party wat omgee en ‘n verskil in die lewens van kiesers maak en daarom moet mense vir ‘n party stem met suiwer en ernstige bedoelings.

“Dit wil voorkom asof mnr. Makhanya nie baie bekommerd is oor die skorsing nie. Hy het ‘n gegewe tydperk gehad om te reageer en die stadsraad in te lig hoekom hy nie geskors moet word nie, maar hy het besluit om stil te bly. Dit laat die VF Plus wonder oor sy bedoelings.

“Die tyd het aangebreek dat die inwoners van Lesedi besef dat ‘n dorp nie deur korrupsie gelei kan word nie en hulle eerder ‘n party moet ondersteun wat hulle belange op die hart dra,” sê rdl. Boshoff.

 

Mari Boshoff

072 547 0481

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.