fbpx
Vryheidsfront Plus

Beurtkrag wag vir skuldbelaaide Emfuleni-munisipaliteit

Die VF Plus in Emfuleni doen ‘n dringende beroep op Eskom om nie beurtkrag in te stel nie omdat huishoudings wie se elektrisiteit voorafbetaal is, onregmatig benadeel sal word.

Die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging) skuld Eskom reeds R200 miljoen en kom nie sy terugbetalingsooreenkoms met Eskom na nie.’n Beurtkrag-kennisgewing is gevolglik deur Eskom aan die Emfuleni-munisipaliteit se kantore beteken wat sal geld tot die uitsaande skuld ten volle vereffen is.

Beurtkrag by Emfuleni kan ook sommige Midvaal-inwoners asook direkte verbruikers van Eskom negatief beïnvloed. Die inwoners van onder meer Risiville (Midvaal) en Redan sal moontlik ook beïnvloed word omdat die netwerk en substasies geïntegreer is en die netwerke glo nie afsonderlik afgeskakel kan word nie.

Daar is alternatiewe meganismes beskikbaar om Eskom se skuld vanaf Emfuleni in te vorder. Dit is onaanvaarbaar dat die ANC op provinsiale en nasionale vlak toelaat dat belastingbetalers gestraf word vir die ANC se wanadministrasie, terwyl ANC-leiers slegs ‘n oproep ver is om oplossings te bied.

As hierdie kommunikasie nie eens binne die ANC plaasvind nie, voorspel die VF Plus donker tye vir Suid Afrikaners.

Kontaknommer: 071 640 7283

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.