fbpx
Vryheidsfront Plus

Bethal-waterkrisis: VF Plus vra provinsiale ingryping

Die VF Plus het hom tot die provinsiale vlak van regering gewend om die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMM) (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) verantwoordbaar te hou vir die vinnige verslegtende waterkrisis op Bethal.

Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die premier van Mpumalanga, me. Refilwe Mtsweni-Tsipane, waarin aangedring word op dringende ingryping in die waterkrisis wat inwoners al byna twee maande sonder water gelaat het.

Betogings het vanoggend uitgebreek weens die voortslepende water- en diensleweringskrisis in die GMM. Die munisipaliteit sou gister kritieke lekkasies op waterlyne herstel, maar daarvan het niks gekom nie.

Verskeie paaie is versper en die betogers het munisipale amptenare in hul kantore gyselaar gehou.

Die gemeenskap het ook gedreig dat geen steenkoolvragmotor deurgelaat sal word op enige roete rondom die dorp nie.

Die VF Plus versoek al sedert 2018 dat die plaaslike waterinfrastruktuur dringend opgegradeer en in stand gehou word. Dit het tot ‘n skandalige toestand verval.

Vuisvoos belastingbetalers swoeg reeds onder die knaende watertekort en verhoogde watertariewe.

Bethal se reservoirs is tans net sowat 10% vol.

Een van die bydraende faktore tot die probleem is dat die GMM tans sowat R612 000 000 aan Randwater skuld.

Uitstaande skuld aan verskaffers is nie die betalende inwoners se probleem nie.

Nie net is water ‘n grondwetlike reg nie, maar dit sal onregverdig wees as betalende inwoners geraak word deur die wanbestuur van die munisipaliteit, die waterraad en waterverskaffers.

Dit is die plig van die munisipaliteit om seker te maak dat waterrekeninge vereffen word.

Belastingbetalers word daagliks gekonfronteer met kabeldiefstal, waterlekkasies, verouderde infrastruktuur en water- en elektrisiteitsonderbrekings wat toegeskryf word aan wanbestuur.

Die VF Plus het op vele geleenthede die uitvoerende burgemeester, me. Nhlakanipho Zuma, gevra om te verduidelik waarom daar nagelaat word om Randwater te betaal aangesien die munisipaliteit elke maand inkomste van belastingbetalers ontvang.

Die VF Plus sal hom aanhou beywer vir ‘n skoon en verantwoordbare regering en sal ongerymdhede en korrupsie openbaar om te verseker dat belastingbetalers die dienslewering ontvang wat hulle toekom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.