fbpx
Vryheidsfront Plus

Betalers subsidieer nie-betalers en die ANC-regering in Matlosana

In die Matlosana-munisipaliteit beloop die totale uitstaande skuld vir dienstegelde tans meer as R1,5 miljard (R1,5245 miljard). Dit is amper genoeg om die totale begroting van die Matlosana-munisipaliteit vir die jaar te befonds. Hierdie feite het na vore gekom nadat die VF Plus vrae hieroor in die finansiële komitee gevra het.

Volgens die skriftelike antwoord skuld die regering R37,21 miljoen (R37 213 871) en staatskole R8,97 miljoen (R8 976 805). Die regering skuld dus R46,18 miljoen vir dienste wat gebruik is, maar waarvoor nie betaal is nie.

Besighede skuld die munisipaliteit R179,44 miljoen (R 179 441 751) en huishoudings skuld die meeste teen ‘n bedrag van R1,252 miljard (R1 252 454 614). Myne skuld die minste naamlik R1,6 miljoen (R1 650 678).

“Dit is duidelik dat die betalers van dienstegelde die nie-betalers en die ANC-regering subsidieer. Hierdie nie-betaling dra ook daartoe by dat daar gedreig word deur Eskom om die krag af te sny want die munisipaliteit kan nie sy kragrekening betaal nie. Inwoners wat wel hulle dienste betaal moet nou meer betaal om die verlies op te maak,” sê mnr. Michal Groenewald, VF Plus-raadslid in die Matlosana-munisipaliteit.

“Indien elke inwoner sy totale maandelikse diensterekening met tien vermenigvuldig gee dit ‘n aanduiding van hoeveel die betalers die nie-betalers subsidieer, want indien die munisipaliteit die totale uitstaande skuld invorder, sal inwoners vir die volgende tien maande nie rekenings hoef te betaal nie omdat die invordering die begroting sal befonds.

“Die uitstaande dienstegelde en swak bestuur van die finansies van Matlosana is die hoofoorsaak dat die munisipaliteit onder administrasie is en sien die VF Plus ook geen verbetering as gevolg hiervan nie.

“Die VF Plus sal hierdie saak opneem met die Provinsiale Wetgewer asook in die Parlement en die regering aanspreek om sy skulde te betaal. Matlosana sal ook sy invorderings drasties moet begin toepas, aangesien dit onbillik is om van betalers te verwag om deurentyd nie-betalers te subsidieer,” het Groenewald gesê.

 

Michal Groenewald

0794098342

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.