fbpx
Vryheidsfront Plus

Beskadiging van kerk in Wesmoot laat rooi ligte flikker

Die beskadiging en poging tot brandstigting by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria tydens ‘n wydverspreide diensleweringsprotes in dié stad, laat gevaarligte flikker oor menseverhoudings in Suid-Afrika deurdat die beskadiging van ‘n kerk ‘n dieper simboliese betekenis inhou as bloot gewone misdaad.

Die beskadiging van die kerk moet gesien word teen die agtergrond van die polarisering wat die ANC in die land geskep het en in besonder deur die president wat gefaal het om nasiebou te bevorder en eerder die polarisering vererger.

Die VF Plus beskou hierdie voorval nie as ‘n aanval op ‘n gebou van klip en sand nie, maar as ‘n simboliese aanval op die Kerk as ‘n heilige instelling vir die Afrikaner waaraan die Afrikanervolk deur die geskiedenis groot waarde geheg het.

Pres. Cyril Ramaphosa moet daarvan kennis neem aangesien dié aanval hoegenaamd niks te doen het met dienslewering nie en die oproeriges dus niks daardeur kan bereik nie.

Die vandalisering van ‘n kerk sal die ANC nie daartoe oorreed om aandag te skenk aan griewe oor dienslewering nie en die betogers weet dit. Hierdie voorval moet daarom werklik die rooi ligte laat flikker oor menseverhoudinge in Suid-Afrika.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.