Die VF Plus in die Vrystaat is besorg oor die moontlike ontwikkeling van ‘n varkplaas buite Petrus Steyn in die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) wat besoedeling kan veroorsaak.
Indien die aansoek deur Dipati Farms (PTY) Ltd slaag, sal die plaas direk langs die Petrus Steyn-dam en nabygeleë rivier gebou word. Volgens ‘n kennisgewing by die terrein waar die plaas beplan word, word aansoek gedoen vir die vestiging van soveel as ‘n duisend varke daarop.
Die VF Plus sal die Nketoana-raad versoek om duidelikheid oor dié aansoek te gee en sal die ontwikkeling dophou om seker te maak dat die projek aan alle wetlike vereistes voldoen.
Die varkplaas se ligging is van so ‘n aard dat dit ‘n kettingreaksie van besoedeling tot gevolg kan hê. Die VF Plus is bekommerd oor die ligging naby waterbronne en dat dit besoedel kan word met swaar reën in die omgewing.
Petrus Steyn sukkel daagliks met watertekorte weens elektrisiteitsprobleme en kan nie bekostig dat sy waterbronne verder besoedel word nie.
Die VF Plus verwelkom dit dat grond vir landbou aangewend word, maar nie as dit tot nadeel van die omgewing en sy inwoners is nie.
Navrae: 082 493 6389