Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Benarde finansiële toestand van plaaslike regering ‘n risiko vir stabiliteit in Suid-Afrika

Die benarde finansiële toestand waarin plaaslike owerhede in Suid-Afrika hulself bevind, benadeel selfs die vermoë van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) om gekwalifiseerde ondersoekbeamptes aan te stel en is ‘n bedreiging vir stabiliteit in Suid-Afrika.

Die SOE wat die afgelope tyd ‘n groot aantal ondersoeke aan veral Covid-19-verwante tender-onreëlmatighede ondersoek het waaronder die toekenning van die Digital Vibes-kontrak van R150 miljoen wat aanleiding gegee het tot die bedanking van minister Zweli Mkhize, verkeer onder finansiële druk.

Dit is hoofsaaklik vanweë slegte skuld ten bedrae van R619 miljoen waarvan munisipaliteite en provinsiale regerings die grootste deel van uitmaak.

Volgens ‘n verslag in die parlement hierdie week, was die totale inkomste van die eenheid vir die 2020/21-finansiële jaar R756 miljoen en verlam die wanbetaling van munisipaliteite en provinsies die vermoë van die eenheid om die groot aantal korrupsiesake in staatsdepartemente te ondersoek.

Volgens die SOE se huidige befondsingsmodel ontvang die eenheid slegs 46% van sy begroting van die departement van justisie en korrektiewe dienste. Die res kom van departemente wat geld deur die SOE se ondersoeke herwin.

Die SOE is tans in gesprek met die nasionale tesourie om ‘n alternatiewe befondsingsmodel te ondersoek wat hom finansieel selfstandig sal maak.

Die SOE het tans slegs 532 werknemers in diens terwyl daar 630 goedgekeurde poste in die eenheid bestaan.

Swak en onverantwoordbare plaaslike regering belemmer dienslewering en ekonomiese groei in Suid-Afrika en die land bevind hom by ‘n kruispad.

Die voortgesette rol wat die VF Plus in die stabilisering van plaaslike regering speel, gaan daarom ná die verkiesing van 1 November toekomsbepalend wees.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.